'Limpopo-premier moet afgedank word'
Johannesburg – Cassel Mathale, die premier van Limpopo, het die arm mense en werkers van sy provinsie in die steek gelaat en moet die trekpas kry, het die SAKP in die provinsie Vrydag gesê.
"Die onmiddellike antwoord is die verwydering van premier Cassel Mathale en sy hele uitvoerende raad, want al die gemors, van onderwys tot gesondheid en tot die tesourie, het met hulle medepligtigheid gebeur," het Gilbert Kganyago, die SAKP se provinsiale sekretaris, gesê.
Makonde Mathivha, die ANC se provinsiale woordvoerder, het dié uitlating egter verwerp.
"Die SAKP het nie die reg om te sê die premier van die ANC [in Limpopo] moet bedank nie."
Die SAKP se provinsiale uitvoerende raad het die naweek 'n twee dae lange vergadering in Polokwane gehou.
Kwessies soos onder andere 'n gebrek aan dienslewering is bespreek.
"Cassel Mathale het 'n nasionale verleentheid vir die drieparty-alliansie geword," het Kganyago ná die vergadering gesê.

- SAPA
No comments:
Post a Comment