Saturday, 11 August 2012

Stop murder of Farmers in South - Africa



Please sign this petition to help stop the murder!



http://www.avaaz.org/en/petition/Stop_Farm_Attacks_and_Murders_in_South_Africa/?cHHFrdb


Loyiso Gola for President: The Final Run


Loyiso Gola for President: The Final Run

Fight for Survival- Rhinos poached at KARIEGA GAME RESERVE are fighting for survival!


Rhino Poaching in South-Africa

5 renosters in 1 park gestroop ! Stop Rhino Poaching


5 renosters in 1 park gestroop







Brits - Vyf witrenosters is die afgelope drie weke in die Borakalalo- natuurreservaat naby Brits in Noordwes gestroop, nog twee elders in die provinsie en een in Limpopo.

Almal is doodgeskiet, het kapt. Dennis Adriao, nasionale polisiewoordvoerder, gister gesê. Die jongste voorval was eergister. 

Twee witrenosters is op ’n ongeïdentifiseerde private stuk grond in Noordwes gestroop. ’n Witrenoster is ook onlangs in Limpopo doodgeskiet en een gewond. 

Volgens Adriao is die horings van die renosters in Limpopo nie afgesny nie omdat die stropers opgemerk is en toe gevlug het. 

Die polisie het die afgelope week vier vermeende stropers in onderskeidelik die Krugerwildtuin en Limpopo gearresteer. Dit is nog nie duidelik met watter onlangse stropingsvoorvalle hulle verbind word nie. 

191 mense wat betrokke is by stropery, onder andere as stropers, kopers en uitvoerders, is sedert Januarie landwyd gearresteer. 

Mpumalanga is die provinsie waar die meeste stropers sedert Januarie aangekeer is. Die getal daar staan nou al op 55, het Adriao gesê.

Van die 312 renosters wat sedert Januarie in Suid-Afrika gestroop is, was 187 in die Krugerwildtuin, het Albi Modise van die departement van omgewingsake vandeesweek gesê. 

In Suid-Afrika is daar sowat 22 000 wit- en swartrenosters waarvan 12 000 in die Krugerwildtuin is. Suid-Afrika se renosters verteenwoordig volgens Modise 93% van die renosterbevolking ter wêreld.

Intussen het prof. Melville Saayman, ’n kundige op die gebied van parkbestuur op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, gesê die sleutel tot die voorkoming van renosterstropery in die Krugerwildtuin is om verhoudings met die omliggende gemeenskappe te vestig. 

“Hulle weet wie die stropers is,” het Saayman, wat onlangs ’n sosiale-impakstudie by die wildtuin gelei het, gesê. 

Hy meen omliggende gemeenskappe sal stropers meer geredelik uitwys as hulle verstaan hoe stropery hul lewe negatief raak. “Dit moet aan hulle gekommunikeer word.” 

’n Meningspeiling onder mense in Bosbokrand, Acornhoek, Hazyview, Hoedspruit, Komatipoort, Malalane, Marlothpark, Nelspruit en Phalaborwa was deel van Saayman se studie. 

Dit het gewys inwoners het ’n oorwegend positiewe gevoel teenoor die wildtuin en die uitwerking daarvan op hul lewe. 

“Die voortbestaan en groei van die wildtuin is vir hulle van onskatbare waarde. Ons moet hulle wys ’n lewende renoster beteken meer vir die gemeenskap as ’n dooie een.” 

Die Krugerwildtuin is groter as Nederland en genereer volgens Saayman sowat R1,5 miljard aan inkomste per jaar. 

Dr. Brian Child van die departement geografie aan die Universiteit van Florida, Amerika, sê die verbod op die handel in renosterhoring, wat vanjaar 35 jaar oud is, werk nie, berig Elise Tempelhoff. 

“Die verbod weerspieël norme wat deur koloniale magte in Londen ontwerp is: Vestig bewaringsgebiede, verbied of beperk handel en sentraliseer die bestuur van wild sodat dit nét in die staat se hande val.”

Hy meen renosterhorings moet geoes word omdat dit weer groei en dié spesie op dié manier volhoubaar benut kan word. Hy wys daarop dat die bydrae van Suid-Afrikaanse wildboere tot bewaring sedert 1960 viervoudig toegeneem het.

- Beeld

Friday, 10 August 2012

Russell Peters - How South Africans Talk

http://www.youtube.com/watch?v=BC7VHaWeT3k&feature=related

Car Guard Culture!

http://www.youtube.com/watch?v=OIVkgErjCWo

AfriForum vra OB om Zumaville te ondersoek



AfriForum vra OB om Zumaville te ondersoek



Kaapstad – AfriForum het 'n versoek aan die Openbare Beskermer (OB) gerig om die regering se besluit om 'n nuwe dorp van R2 miljard naby pres. Jacob Zuma se tuisdorp te bou, te ondersoek.

Luidens onlangse mediaberigte beplan die departement van landelike ontwikkeling om Umlalazi-Nkandla Smart Growth Centre (Zumaville) slegs 3,2 km van Nkandla in KwaZulu-Natal te bou.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het aan die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, geskryf en gesê hierdie besluit kom neer op “voorkeurbehandeling” deur die president aan sy tuisdorp.

Luidens ‘n mediaverklaring het Roets verduidelik dat daar geen aanduiding gegee is waarom hierdie “buitensporige projek” spesifiek by Zuma se tuisdorp van stapel gestuur word nie.

"Die staatspresident sit op drie stoele. Hy is die hoof van die uitvoerende gesag in die regering, voorsitter van die regering se vennoot in hierdie saak en as burger wat persoonlike belange in Nkandla het, is hy ook 'n begunstigde in hierdie saak. Dit is besonder oneties, om die minste te sê."

Roets het bygevoeg dat dienslewering, misdaadvoorkoming en onderwys in die land in 'n “krisis” verkeer en dat hierdie projek “by enige redelike Suid-Afrikaner die indruk kan skep dat die staatspresident besig is om sy eie belange bo dié van sy land te plaas.”

Mail & Guardian het vroeër berig dat R1 miljard vir hierdie projek uit die belastingbetaler se sak sal kom, terwyl 'n verdere R1 miljard uit die privaatsektor ingesamel sal word.

Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier van die DA, het gesê dit is ondenkbaar dat Zuma die geld vir dié projek opsygesit het, terwyl baie burgers in uiterste armoede leef.

- Nuus24