AfriForum vra OB om Zumaville te ondersoek
Kaapstad – AfriForum het 'n versoek aan die Openbare Beskermer (OB) gerig om die regering se besluit om 'n nuwe dorp van R2 miljard naby pres. Jacob Zuma se tuisdorp te bou, te ondersoek.
Luidens onlangse mediaberigte beplan die departement van landelike ontwikkeling om Umlalazi-Nkandla Smart Growth Centre (Zumaville) slegs 3,2 km van Nkandla in KwaZulu-Natal te bou.
Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het aan die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, geskryf en gesê hierdie besluit kom neer op “voorkeurbehandeling” deur die president aan sy tuisdorp.
Luidens ‘n mediaverklaring het Roets verduidelik dat daar geen aanduiding gegee is waarom hierdie “buitensporige projek” spesifiek by Zuma se tuisdorp van stapel gestuur word nie.
"Die staatspresident sit op drie stoele. Hy is die hoof van die uitvoerende gesag in die regering, voorsitter van die regering se vennoot in hierdie saak en as burger wat persoonlike belange in Nkandla het, is hy ook 'n begunstigde in hierdie saak. Dit is besonder oneties, om die minste te sê."
Roets het bygevoeg dat dienslewering, misdaadvoorkoming en onderwys in die land in 'n “krisis” verkeer en dat hierdie projek “by enige redelike Suid-Afrikaner die indruk kan skep dat die staatspresident besig is om sy eie belange bo dié van sy land te plaas.”
Mail & Guardian het vroeër berig dat R1 miljard vir hierdie projek uit die belastingbetaler se sak sal kom, terwyl 'n verdere R1 miljard uit die privaatsektor ingesamel sal word.
Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier van die DA, het gesê dit is ondenkbaar dat Zuma die geld vir dié projek opsygesit het, terwyl baie burgers in uiterste armoede leef.

- Nuus24
No comments:
Post a Comment