Chad Le Clos tweede vinnigste tyd
" Chad le Clos van Suid-Afrika het Saterdag die tweede vinnigste kwalifiseringstyd in die uitdunne van die 400-wisselslag by die Olimpiese Spele in Londen geswem.
Kosuke Hagino van Japan het die vinnigste kwalifiseringstyd in 4:10.01 geswem.
Le Clos het sy uitdun in 'n tyd van 4:12.24 gewen.
Die Suid-Afrikaner sal Saterdagaand om 20:30 saam met die Amerikaners Michael Phelps en Ryan Lochte in die finaal swem.
Phelps se tyd was 4:13:33, heelwat stadiger as sy wêreldrekord van 4:03.84 wat hy vier jaar gelede in Beijing opgestel het."
– Nuus24
Talented bunch of people us South-African
No comments:
Post a Comment